top of page

OOR ALIBI 

Wie sou kon raai dat soveel van jou menswees tussen die ou blaaie van resepteboeke kon lê? Tussen spatsels van meel, handgeskrewe notas en oorgedrade kennis. Binne die vars gebakte koekies en ouma se beskuit, die ding wat ons almal verbind en mens maak – ons kan ‘n goeie lekkerny waardeur. 


Urma Brink, Alibi se eienaar, vertel dat haar eerste herinneringe met bak en brou was met haar Ouma Nellie. Die nostalgiese verjaarsdae, met die groot eetkamer tafel wat toegepak was onder die gebak en tuisgemaakte lekkernye. Dit was ‘n plek van wonder waar almal altyd welkom was, en waar niemand geweet het wat ‘n leë maag is nie. Urma het resepteboeke geërf met allerlei aantekeninge, van ou geheime na boererate, hierdie kosbare boeke was een van die grootste geskenke wat Urma kon kry. 


Ouma Trix het hierdie gasvryheids tradisie ook verder versterk. Sy was altyd reg met kos, en almal op Kruitfontein was welkom om te kom eet, en hulle het beslis geweet die beste kos word gekry by Ouma Trix. 
Urma se ma, Magda, het ook elke naweek die heerlikste eetgoed voorberei vir onverwagte gaste. Gasvryheid was deel van die huishouding, dit was nie ‘n keuse nie maar die norm. Kook, bak, onthaal en kuier is nou deel van ons familiegene, en Urma is so bly dat sy die tradisies met trots kan volhou. 
By Alibi is daar altyd ‘n smaakie van hierdie jare se tradisie en oorgedrade resepte en gasvryheid. Kom maak ‘n draai, maak jouself tuis en geniet die kos en eetgoed wat met baie liefde voorberei word. 

 

 

ABOUT ALIBI

 

Alibi Eatery and Coffee Shop was started by Urma Brink in 2018. 

Alibi lies at the heart of Kroonstad and offers every visitor a warm, rich cup of coffee along with home-baked treats and  delicious dishes. 

Every day there is something new and different on the menu so you need to come more than once to taste all the treats that this local eatery has to offer.

DSC03046.jpg

Corner of Market and Murray Street Kroonstad

Open Monday to Friday

Saturday reserved for private functions 

© 2018 Alibi Eatery Urma Brink. Proudly created with Wix.com

bottom of page